Genesis 50:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josef aan sy broers: Ek sterf, en God sal sekerlik op julle ag gee en julle uit hierdie land uitbring na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek gaan binnekort sterf,” het Josef vir sy broers gesê. “God sal sekerlik vir julle sorg en julle weer uit hierdie land, Egipte, laat wegtrek. Hy sal julle terugneem na die land wat Hy met ’n eed belowe het aan die nageslag van Abraham, Isak en Jakob.”
Afrikaans 1933/1953 En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
Afrikaans 1983 Josef het vir sy broers gesê: “Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het vir sy broers gesê: “Ek gaan sterf, maar God sal beslis aan julle aandag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het Josef vir sy broers gesê: “Ek sal nou sterf, maar God sal aan julle dink, Hy sal julle uit hierdie land laat wegtrek na die land wat Hy vir Abraham, Isak en Jakob belowe het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy die dood voel nader kom, het Josef vir sy broers gesê: “Binnekort is ek nie meer hier nie, maar moenie bang wees nie, want God sal self vir julle sorg. Eendag sal Hy julle nog uit hierdie land lei en na die land toe neem wat Hy met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het.”