Genesis 50:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het die kinders van Efraim van die derde geslag gesien; ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë grootgemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het nog drie geslagte van sy afstammelinge gesien, dié van sy seun Efraim en die kinders van Manasse se seun Makir, wat hy soos sy eie kind behandel het.
Afrikaans 1933/1953 En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.
Afrikaans 1983 Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het die derde geslag van Efraim se nakomelinge gesien. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het lank gelewe en hy het Efraim se kinders en kleinkinders gesien. Hy het ook die kinders van Makir, Manasse se seun, aangeneem. Hulle was soos sy eie kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het lank genoeg geleef om Efraim se kinders en sy kleinkinders te sien grootword. En terwyl hy nog geleef het, is al die kinders van Manasse se seun, Magir, gebore.