Genesis 50:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vrees dan nou nie: Ek sal julle en julle kindertjies voed. En hy het hulle getroos en vriendelik met hulle gepraat.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie bang wees nie. Wees verseker: Ek sal self vir julle en julle gesinne sorg.” Hy het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
Afrikaans 1933/1953 Wees dan nou nie bevrees nie:,k sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
Afrikaans 1983 Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie nou bang wees nie. Ek sal vir julle en julle kinders sorg.” Josef was baie vriendelik met sy broers en hy het mooi met hulle gepraat. Toe was hulle nie meer bang nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle hoef regtig niks te vrees nie. Tot die einde toe sal ek vir julle en julle kinders sorg.” Josef se woorde was vol deernis en sy liefde teenoor sy broers het hulle getroos en bemoedig.