Genesis 50:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle, julle het kwaad teen My gedink; maar God het dit ten goede bedoel om te doen, soos dit vandag is, om baie mense in die lewe te hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou. |
| Afrikaans 1983 | Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het slegte planne gemaak teen my, maar God het dit verander en Hy het dit 'n goeie plan gemaak. Hy het julle plan gebruik om baie mense se lewens te red, tot vandag toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het. |