Genesis 50:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy broers het ook gegaan en voor sy aangesig neergeval; en hulle sê: Kyk, ons is U dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy broers kom toe self en val voor hom neer. “Ons sal u slawe wees,” het hulle gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy broers het ook self gegaan, voor hom neergeval en gesê: “Kyk, ons is u slawe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy broers kom toe self en buig voor Josef en hulle sê: “Hier is ons. Ons is jou slawe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die broers is self na Josef toe en het laag voor hom gebuig en vir hom gesê: “Hier is ons. Ons sal jou slawe wees.” |