Genesis 50:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So moet julle vir Josef sê: Vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde; want hulle het jou kwaad aangedoen; en vergeef ons tog nou die oortreding van die dienaars van die God van jou vader. En Josef het gehuil toe hulle met hom gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 om vir jou te sê: ‘Vergewe jou broers tog vir die groot onreg wat hulle jou aangedoen het.’ Vergeef ons tog nou, want ons dien ook die God van jou pa.” Toe Josef hierdie boodskap kry, het hy in trane uitgebars.
Afrikaans 1933/1953 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
Afrikaans 1983 ‘Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.” Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘So moet julle vir Josef sê: “Vergewe tog asseblief die oortreding van jou broers en hulle misstap – dat hulle jou soveel kwaad aangedoen het.” ’ Dus, vergewe dan asseblief die oortreding van die dienaars van die God van u vader.” Josef het gehuil toe hulle met hom praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ons moet jou vra om ons te vergewe. Ons het 'n baie verkeerde ding gedoen teen jou. Ons het groot sonde gedoen. Daarom, Josef, vergewe asseblief die verkeerde ding wat ons gedoen het. Ons is ook dienaars van jou pa se God.” Josef het gehuil toe hulle dit vir hom sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos jy weet, staan ons voor jou en Pa se God skuldig. Maar nou, Josef, vra ons jou mooi om ons daardie dag se verskriklike daad te vergewe.” Josef het begin huil toe hy die boodskap hoor.