Genesis 50:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josef se broers sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Josef sal ons dalk haat en ons beslis vergelde vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná hulle pa se dood het Josef se broers bang geword. “Nou gaan Josef ons terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het,” het hulle gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het! |
| Afrikaans 1983 | Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: “En as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Josef se broers besef dat hulle vader nou dood is, sê hulle: “As Josef 'n wrok teenoor ons koester, gaan hy ons beslis terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Jakob gesterf het, het Josef se broers bekommerd geword en hulle het vir mekaar gesê: “Nou sal Josef dink aan die slegte dinge wat ons aan hom gedoen het, en hy sal ons terugbetaal. Hy sal ook aan óns slegte dinge doen. Hy sal ons vyand word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle besluit toe om ’n boodskap vir Josef te stuur. |