Genesis 50:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sy seuns het hom na die land Kanaän ingebring en hom begrawe in die spelonk van die veld van Magpela, wat Abraham saam met die land gekoop het as 'n besitting van 'n graf van Efron, die Hetiet, voor Mamre. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het sy liggaam Kanaän toe geneem en dit in die grot van Makpela neergelê. Dit is die grot wat Abraham as ’n permanente begraafplek gekoop het op die grond van Efron die Hetiet, naby Mamre. |
| Afrikaans 1933/1953 | sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magp,la, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom Kanaän toe gevat en gaan begrawe in die Makpelagrot op die grond wat deur Abraham by die Hetiet Efron as 'n begraafplek gekoop is. Die grond lê oos van Mamre. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy seuns het hom na die land Kanaän geneem en hom begrawe in die grot op die stuk grond van Magpela, oos van Mamre, die stuk grond wat Abraham vir 'n begraafplek as eiendom gekoop het by Efron, die Hetiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy seuns het sy lyk na Kanaän geneem en hulle het hom begrawe in die grot op die Makpela-grond. Dit is die grond wat Abraham van Efron die Hetiet gekoop het sodat hy 'n graf kon hê. Dit was naby Mamre. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die begrafnis is Josef, sy broers en almal wat saam met hom vir die begrafnis Kanaän toe is, weer terug Egipte toe. |