Genesis 50:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die rou op die vloer van Atad sien, sê hulle: Dit is 'n ernstige rou vir die Egiptenaars; daarom is die naam daarvan Abelmizraim genoem, wat anderkant die Jordaan is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die plaaslike Kanaäniete het gesien hoe hulle rou en het die plek toe Abel-Misrajim genoem, want hulle het gesê: “Dit is ’n plek van swaar rou vir hierdie Egiptenaars.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Kanaän het hulle daar by die dorsvloer van Atad sien rou en gesê: Egipte is swaar in rou. Daarom noem hulle hierdie plek aan die oostekant van die Jordaan Abel-Misrajim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bewoners van die gebied, die Kanaäniete, het die gerou by Goren-Haätad gesien en gesê: “Dit is 'n plegtige rouseremonie vir die Egiptenare.” Daarom het hulle die plek wat oorkant die Jordaan is, Abel-Misrajim genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die mense van Kanaän sien hoe Josef-hulle treur, het hulle gesê die Egiptenaars treur en rou baie. Daarom het hulle die plek Abel-Misrajim genoem. Die plek was oos van die Jordaan-rivier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die mense van Kanaän sien wat by Atad gebeur, het hulle gesê: “Hoe aangrypend het die Egiptenaars tog nie sewe dae lank oor Jakob gerou nie!” Toe het die mense besluit om die plek se naam na Abel-Misrajim te verander. |