Genesis 50:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het by die dorsvloer van Atad gekom wat anderkant die Jordaan is, en daar het hulle getreur met 'n groot en baie hewige klaaglied; en hy het sewe dae lank oor sy vader gerou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by die dorsvloer van Atad, oos van die Jordaan aankom, het hulle sewe dae lank daar oor hulle pa gerou en getreur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by die dorsvloer van Atad oos van die Jordaan kom, het hulle sewe dae lank daar getreur en gerou oor hulle pa. Hulle het baie getreur oor hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle by Goren-Haätad oorkant die Jordaan aankom, het hulle daar 'n groot en besonder plegtige roubeklag gehou. Hy het sewe dae lank 'n rouseremonie gehou vir sy vader. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Naby die Jordaan-rivier het hulle by die dorsvloer van Atad gekom. Hulle het daar sewe dae lank oor hulle pa gehuil en getreur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle by Atad aan die oostekant van die Jordaan kom, het hulle eers gestop. Almal het bymekaargekom en weer lank oor Jakob gehuil en gerou. Hulle het sewe dae lank daar gebly en oor Jakob se lewe nagedink en oor hom gerou. |