Genesis 49:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Juda is 'n leeumannetjie; van die buit af, my seun, het jy opgeklim; wie sal hom opwek?
Afrikaans (NLV) 2011 Juda is ’n jong leeu wat pas sy prooi verslind het. Soos ’n leeu rek hy uit en gaan lê, soos ’n leeumannetjie, en wie sal hom steur?
Afrikaans 1933/1953 Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag?
Afrikaans 1983 Jy is 'n leeu, my seun Juda, wat van die prooi af wegstap. Jy rek jou uit, jy gaan lê rustig soos 'n leeu, soos 'n leeumannetjie wat deur niemand opgejaag word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Leeuwelpie is Juda; van die prooi, my seun, het jy opgestaan. Hy sak af, gaan lê soos 'n leeu, soos 'n leeuwyfie. Wie sal hom opjaag?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My seun Juda, jy is soos 'n jong leeu wat opstaan nadat hy 'n bok gevang het. Jy gaan lê soos 'n leeu wat gaan slaap, en almal is bang om jou te pla.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda is soos ’n jong leeu, hy vernietig sy prooi en keer na sy lêplek terug. Soos ’n leeu krul hy hom in sy blyplek op en niemand sal dit naby sy skuilplek waag nie.