Genesis 49:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vervloek is hulle toorn, want dit was hewig; en hulle toorn, want dit was wreed: Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vervloek is hulle woede, want dit is wreed. Daarom sal hulle nageslag verstrooi word, uitgestrooi oor die hele Israel heen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die straf van God sal hulle tref oor hulle geweldpleging, hulle onbeteuelde drif: hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob, versprei word tussen die stamme van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vervloek is hulle toorn, want dit is fel, en hulle gramskap, want dit is meedoënloos. Ek sal hulle uitmekaarjaag in Jakob, hulle verstrooi in Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vervloek hulle omdat hulle so baie kwaad geword het. Hulle sal nie bymekaar kan bly nie, hulle sal woon tussen die ander mense, oral in die land Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal sleg met hulle gaan omdat hulle woede geen perke ken nie, omdat hulle wrede dinge aanvang. Ek sal hulle sonder enige grond tussen die ander stamme laat woon. |