Genesis 49:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O my siel, kom nie in hulle verborgenheid nie; Wees nie verenig vir hulle vergadering nie, my eer, want in hul toorn het hulle 'n man gedood en in hul eie wil 'n muur afgegrawe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil ver van hulle af bly. Ek wil nooit deel hê aan hulle bose planne nie, hulle wat in woede mense vermoor het, diere vir die plesier vermink het.
Afrikaans 1933/1953 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
Afrikaans 1983 Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want koelbloedig het hulle mense vermoor, roekeloos het hulle diere mishandel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In hulle kring moet ek self nie kom nie; met hulle vergadering wil ek my nie vereenselwig nie. Want in hulle toorn het hulle mense vermoor, uit moedswilligheid het hulle beeste se hakskeensenings afgekap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle kom bymekaar en maak planne, maar ek wil nie daar saam met hulle wees nie, want hulle het mense doodgemaak toe hulle kwaad was. Hulle het wrede dinge gedoen aan diere en hulle het die diere se hakskene afgesny omdat hulle lus was om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met hulle geheime planne wil ek niks te doen hê nie. Ek wil nie deel van hulle vergaderings en grootpratery wees nie. In hulle verskriklike woede maak hulle mense dood en maak hulle diere moedswillig kreupel.