Genesis 49:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onstabiel soos water, jy sal nie uitblink nie; omdat jy opgegaan het na jou vader se bed; dan het jy dit verontreinig; hy het opgegaan na my rusbank.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is onstuimig soos die golwe van die see, maar jy sal nie langer die belangrikste wees nie. Want jy het by een van my vroue geslaap; jy het my in my bed onteer.
Afrikaans 1933/1953 Opbruising soos van waters -- jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
Afrikaans 1983 Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie, want soos stormwater was jy onstuimig: jy het jou vergryp aan 'n vrou van jou vader, jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onbeheerbaar soos water, sal jy nie voorrang geniet nie; want jy het op jou vader se beddens geklim, en dit toe verontreinig. Hy het op my slaapbank geklim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy sal nie die belangrikste bly nie, want jy het 'n verkeerde ding gedoen. Jy was soos water wat oor die walle stroom. Jy het seks gehad met jou pa se vrou, jy het my bed onrein gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy is egter soos ’n waterstroom wat sy eie pad loop. Jy sal nie meer die belangrikste wees nie, want jy het by Bilha, my byvrou, geslaap en my diep seergemaak.