Genesis 49:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jakob klaar was met die bevele aan sy seuns, het hy sy voete in die bed bymekaargemaak en die gees opgegee en is by sy volk versamel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jakob klaar was met sy opdragte, het hy sy voete in sy bed opgetrek, sy laaste asem uitgeblaas en gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jakob klaar gepraat het, het hy gaan lê, die asem uitgeblaas en gesterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jakob klaar was met die opdragte aan sy seuns, het hy sy voete teruggetrek op die bed. Hy het sy asem uitgeblaas en is met sy mense verenig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jakob klaar met sy seuns gepraat het, het hy weer gaan lê en hy het gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jakob klaar gepraat het, het hy weer gaan lê en die laaste asem uitgeblaas. |