Genesis 49:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die begin van my sterkte, die voortreflikheid van waardigheid en die voortreflikheid van krag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ruben, jy is my oudste seun, die kind van my kragtige jeug, die vernaamste en die sterkste.
Afrikaans 1933/1953 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
Afrikaans 1983 “Ruben, jy is die oudste, toonbeeld van my krag, gebore toe ek in my fleur was; jy is die vernaamste, die sterkste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ruben, jy is my eersgeborene, my sterkte, die eersteling van my manlike krag – uitsonderlik in verhewenheid, uitsonderlik in krag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ruben, jy was my eerste kind. Jy is gebore toe ek jonk en sterk was, jy is my beste en belangrikste seun.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ruben, jy is nou wel my eersgeborene, my steunpilaar en my eerstelingseun. Jy moes die vernaamste en die belangrikste onder jou broers gewees het.