Genesis 49:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle bevel gegee en vir hulle gesê: Ek moet by my volk versamel word; begrawe my by my vaders in die spelonk wat in die veld van Efron, die Hetiet, is,
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het hulle opdrag gegee: “Ek gaan binnekort sterf. Begrawe my by my pa en oupa in die grot wat op die grond van Efron die Hetiet is.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;
Afrikaans 1983 Jakob het vir sy kinders gesê: “Wanneer ek sterf, moet julle my gaan begrawe in die familiegraf, in die grot op die grond van die Hetiet Efron.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het vir hulle sy laaste opdragte gegee. Hy het vir hulle gesê: “Ek gaan met my mense verenig word. Begrawe my by my voorouers in die grot op die stuk grond van Efron, die Hetiet,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, dan moet julle my gaan begrawe by my voorvaders in die grot op die grond wat aan Efron die Hetiet behoort het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het vir oulaas met al die seuns gepraat. “Ek is besig om te sterf,” het hy gesê. “As ek dood is, moet julle my by my mense in die familiegraf by Magpela, net oos van Mamre in die land Kanaän begrawe.