Genesis 49:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al hierdie is die twaalf stamme van Israel; en dit is dit wat hulle vader met hulle gespreek en hulle geseën het; elkeen volgens sy seën het hy hulle geseën.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die twaalf stamme van Israel en dit is die seëninge waarmee Jakob sy twaalf seuns geseën het. Elkeen het ’n seën ontvang wat vir hom toepaslik was.
Afrikaans 1933/1953 Hulle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
Afrikaans 1983 Dit is al twaalf die stamme van Israel. So het hulle pa met hulle gepraat toe hy hulle geseën het. Hy het hulle een vir een geseën, elkeen met 'n eie seën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader vir hulle gesê het toe hy hulle geseën het. Hy het hulle geseën, elkeen met sy gepaste seën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die twaalf stamme van Israel, en dit is wat hulle pa vir hulle gesê het. Hy het hulle geseën, en hy het vir elke stam sy eie seën gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was Jakob se laaste woorde aan sy seuns, die latere twaalf stamme van Israel. Op dié manier het hy elke seun van hom gegroet en geseën.