Genesis 49:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Benjamin verskeur soos 'n wolf: in die môre sal hy die prooi verslind, en in die nag sal hy buit verdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Benjamin is ’n wolf op soek na prooi. Hy verslind sy prooi in die oggend en in die aand verdeel hy die buit.”
Afrikaans 1933/1953 Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.
Afrikaans 1983 “Benjamin is 'n wolf wat prooi verskeur: vroeg in die môre eet hy buit, in die aand vang hy sy prooi.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Benjamin is 'n wolf wat verskeur. In die oggend verslind hy geroofde goed, en teen die aand verdeel hy buit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Benjamin is soos 'n wolf wat ander diere doodmaak. In die oggend en in die aand eet hy die diere wat hy gevang het en hy gee dit vir sy kleintjies.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Benjamin is soos ’n woedende wolf. In die môre vang hy sy prooi en in die aand deel hy dit met almal.”