Genesis 49:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seëninge van jou vader het die oorhand gehad bo die seëninge van my voorgeslagte tot aan die uiterste grens van die ewige heuwels: dit sal wees op die hoof van Josef en op die skedel van die hoof van hom wat afgesonder was van sy broers.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag die seëninge van jou pa meer wees as die seëninge van die ewige berge, as die oorvloed van die eeue oue heuwels. Hierdie seëninge sal op die kop van Josef kom, hy wat die leier is onder sy broers.
Afrikaans 1933/1953 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.
Afrikaans 1983 Die seëninge wat jou vader gegee het, is sterk, sterker as dié van die ou-ou berge, as die kosbaarhede van die heuwels wat altyd daar is. Daardie seëninge kom op Josef, op hom wat die leier van sy broers sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seëninge van jou Vader oortref die seëninge van die ewige berge, die begeerlikhede van die oeroue heuwels. Mag dit rus op die kop van Josef, op die hoof van die prins onder sy broers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My seun, ek seën jou meer as my ander kinders. Die seën sal aanhou so lank soos die berge en heuwels daar is. Met Josef sal dit goed gaan, want hy sal die leier van sy broers wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde, ryp gesaaides soos in die ou tyd, mooi en vrugbare heuwels. Mag al hierdie woorde waar word, want Josef is anders as sy broers en hy sal hulle lei.