Genesis 49:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs deur die God van jou vader, wat jou sal help; en deur die Almagtige, wat jou sal seën met seëninge van die hemel daarbo, seëninge van die watervloed wat onder lê, seëninge van die borste en van die moederskoot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag die God van ons vaders jou help; mag die Almagtige jou seën met die seëninge uit die hemel daarbo, seëninge van die aarde hieronder, en seëninge van borste en moederskoot. |
| Afrikaans 1933/1953 | van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot. |
| Afrikaans 1983 | Die God van jou vader sal jou help, Josef, die Almagtige sal jou seën, Hy seën jou met reën uit die hemel, met water diep onder die grond uit, met moeders wat hulle kinders voed, met baie kinders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vanweë die God van jou vader, sodat Hy jou sou help, ja, God, die Almagtige, sodat Hy jou sou seën met seëninge uit die hemel daarbo, seëninge van die •oerwater wat daar onder lê, seëninge van borste en moederskoot. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef, die God van jou pa sal jou help, die Almagtige God sal jou seën. Hy sal jou seën met reën uit die hemel en met water uit die grond. Hy sal die ma’s seën sodat hulle baie kinders kan kry en melk sal hê vir die kinders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef, dit is my God wat jou so help. Dit is die almagtige God wat jou seën sodat dit altyd by jou sal reën, sodat daar genoeg water vir putte en fonteine sal wees en sodat jou vee en kinders sal vermeerder. |