Genesis 49:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sy boog het in sterkte gebly, en die arms van sy hande is sterk gemaak deur die hande van die magtige God van Jakob; (vandaar is die herder, die klip van Israel:)
Afrikaans (NLV) 2011 Maar sy boog het sterk gebly, sy arms het meer krag gekry deur die Magtige Een van Jakob, die Herder, die Rots van Israel.
Afrikaans 1933/1953 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob -- daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,
Afrikaans 1983 Maar hulle boog misluk elke keer, hulle sterk arms bewe, want die magtige God van Jakob gryp in, die Rots van Israel beskerm hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy boog het bestendig gebly, en sy voorarms was behendig, vanweë die hande van die Magtige van Jakob, vanweë die roem van die Herder, die Rots van Israel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar hy sal hulle oorwin. Sy boog en sy arms is sterk, want die sterk God van Jakob help hom. Die God wat die Rots van Israel is, is sy Herder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het egter niks van gekom nie, want hulle boë was te styf en hulle arms te bewerig. Jakob se sterk God het Josef bewaar. Israel se Herder en Beskermer was heeltyd by Josef.