Genesis 49:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal 'n slang op die pad wees, 'n adder op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteruit val.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is ’n slang langs die pad, ’n giftige adder langs die voetpad wat pik na die hakskeen van perde en die ruiter agteroor laat val.
Afrikaans 1933/1953 Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
Afrikaans 1983 Dan is 'n slang op die pad, 'n horingslang op die grootpad, hy pik die perd aan sy hakskeen, die ruiter val agteroor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan is 'n slang op die pad, 'n horingslang op die gebaande weg, wat die hakskene van 'n perd pik, en sy ruiter val agteroor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan is soos 'n slang langs die pad. Hy is soos 'n horingslang wat die perd se hakskeen byt, sodat die man wat op die perd ry, agteroor val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag Dan soos ’n slang by die grootpad wees wat die vyand se perde in die hakskeen byt sodat die ruiter agteroor val.”