Genesis 49:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesien dat rus goed was en die land aangenaam was; en sy skouer gebuig om te dra en 'n dienskneg geword vir belasting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer hy sien hoe goed die plek is, hoe mooi die landstreek, sal hy ’n las vrywillig dra en hom aan dwangarbeid onderwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig. |
| Afrikaans 1983 | Hy sien 'n goeie woonplek, 'n mooi landstreek, en daarvoor onderwerp hy hom aan dwangarbeid, doen hy slawewerk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesien hoe goed die rusplek is, en hoe lieflik die land. Hy het sy skouer laat sak vir die las, hy het 'n dwangarbeider geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal 'n goeie rusplek en 'n mooi land sien. Hy sal tevrede wees om hard te werk daarvoor, ja, hy sal soos 'n slaaf werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir Issaskar is sy woongebied mooi, ’n goeie plek om in te woon. Daarom het hy baie hard gewerk. Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk. |