Genesis 49:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sébulon sal by die hawe van die see woon; en hy sal 'n hawe van skepe wees; en sy grondgebied moet tot by Sidon wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sebulon sal hom vestig aan die kus by die see en sal ’n hawe wees vir skepe. Sy grense sal tot by Sidon strek.
Afrikaans 1933/1953 S,bulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.
Afrikaans 1983 “Sebulon woon by die strand, by die strand waar skepe is, sy oë is op Sidon gerig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sebulon – aan die strand van die seë sal hy woon; ja, hy is by die strand waar die skepe is, met sy verste gebied langs Sidon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Sebulon sal naby die see woon, by die strand waar die bote is. Hy sal grond hê tot by die stad Sidon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sebulon sal langs die see bly. Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe wees en sy gebied sal tot by Sidon strek.