Genesis 49:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy bind sy vul aan die wingerdstok en sy eselvul aan die uitgesoekte wingerdstok; hy het sy klere in wyn gewas en sy klere in die bloed van druiwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy maak sy donkie vas aan ’n druiwestok, die vul van sy donkie aan die beste wingerdstok. Hy was sy klere in wyn, sy kleed in druiwemos.
Afrikaans 1933/1953 Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.
Afrikaans 1983 Hy maak sy rydier vas aan 'n wingerdstok, sy donkie aan die beste wingerdstok. Sy klere is so rooi soos wyn, sy koningskleed so rooi soos druiwesap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan 'n wingerdstok maak hy sy donkiehings vas, aan 'n edeldruif die vul van sy donkiemerrie. Hy was sy bokleed in wyn, en sy klere in die sap van druiwe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal die beste wingerdstokke hê en hy sal sy donkie daaraan vasmaak. Hy sal so baie wyn hê dat hy sy klere daarin kan was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang. Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eet en sy klere sal hy in rooi wyn was.