Genesis 49:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die septer sal van Juda nie wyk nie, ook nie 'n wetgewer tussen sy voete uit totdat Silo kom nie; en vir hom sal die versameling van die volk wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mag sal nie van Juda weggeneem word nie, ook nie die heerskappy van sy nasate nie, totdat die een kom aan wie dit behoort, die een vir wie die nasies sal gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die septer sal van Juda nie wyk nie, nog die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die septer sal nie van Juda wyk nie, ook nie die heerserstaf tussen sy voete nie, totdat hy aan wie dit behoort, kom, en volke aan hom gehoorsaam is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal altyd 'n koning in jou nageslag wees. Hy sal regeer totdat Silo kom. Baie volke sal gehoorsaam wees aan hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda sal nog koning word en sy koningskap sal eeue lank duur. Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke kom om in eerbied voor hom te buig en hom te eer. |