Genesis 49:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jakob het sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan vertel wat julle in die laaste dae sal oorkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob roep toe al sy seuns bymekaar en sê: “Kom staan hier om my sodat ek julle kan vertel wat in die toekoms met julle sal gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.
Afrikaans 1983 Jakob het sy seuns laat roep en vir hulle gesê: “Kom hier! Ek wil vir julle sê wat met julle nageslagte sal gebeur:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het sy seuns laat roep en gesê: “Kom bymekaar, sodat ek julle kan inlig oor wat met julle gaan gebeur in die toekoms.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het sy seuns geroep en gesê: “Kom hier na my toe sodat ek vir julle kan vertel wat later met julle nageslag sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het al sy seuns laat kom en vir hulle gesê: “Kom staan hier om my. Ek wil iets oor elkeen van julle en julle toekoms sê.