Genesis 48:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josef vir sy vader: Hulle is my seuns wat God my op hierdie plek gegee het. En hy sê: Bring hulle tog na my, en ek sal hulle seën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ja,” antwoord Josef. “Dit is die seuns wat God my hier in Egipte gegee het.” Jakob sê vir hom: “Bring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seën.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën. |
| Afrikaans 1983 | Josef het sy pa geantwoord: “Dit is my seuns. God het hulle vir my in hierdie land gegee.” Jakob sê toe: “Bring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seën.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef antwoord toe sy vader: “Dit is my seuns wat God my hier gegee het.” Daarop sê hy: “Bring hulle asseblief na my toe, sodat ek hulle kan seën.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir sy pa geantwoord: “Dit is my seuns wat God vir my in hierdie land gegee het.” Jakob het toe gesê: “Bring hulle na my toe sodat ek hulle kan seën.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het geantwoord: “Dis die seuns wat God vir my hier in Egipte gegee het.” En Jakob het gesê: “Bring hulle nader dat ek hulle kan seën.” |