Genesis 48:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat my betref, toe ek van Padan af gekom het, het Ragel by my gesterf in die land Kanaän op die pad, toe daar nog 'n entjie was om na Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe op die pad van Efrat; dieselfde is Bethlehem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op pad terug van Paddan-Aram het Ragel in die land Kanaän gesterf. Ons was toe nog op pad, kort by Efrata (dit is Betlehem). Ek het haar toe met groot verdriet daar langs die pad na Efrata begrawe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem. |
| Afrikaans 1983 | Ek neem die twee seuns as my eie aan, want toe ek uit Paddan-Aram gekom het, is Ragel dood in Kanaän op pad na Efrata toe, dit is Betlehem, en ek het haar daar langs die pad begrawe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat my betref, toe ek uit Paddan gekom het, het Ragel langs my gesterf op die reis in die land Kanaän, toe daar nog 'n hele ent pad oor was om by Efrata uit te kom. Ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrata – dit is Betlehem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ek van Paddan-Aram gekom het, het jou ma Ragel in Kanaän langs die pad gesterf. Dit was nie ver van Efrata nie. Ek het haar daar langs die pad begrawe naby Efrata, dit is Betlehem.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal jou twee seuns seën ter wille van jou ma, Ragel. Sy is destyds op pad van Paddan-Aram af na Kanaän toe dood, tot my groot verdriet. Net duskant Efrata (wat ons vandag Betlehem noem) is sy dood en ek het haar daar langs die pad begrawe.” |