Genesis 48:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou is jou twee seuns, Efraim en Manasse, wat vir jou in Egipteland gebore is voordat Ek na jou in Egipte gekom het, myne; soos Ruben en Símeon, hulle sal myne wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou twee seuns, Manasse en Efraim wat in Egipte gebore is voor ek hier gekom het, neem ek aan as my eie. Hulle sal net soos Ruben en Simeon my seuns wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en S¡meon. |
| Afrikaans 1983 | Jou twee seuns wat hier in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het, Efraim en Manasse, is vir my soos my eie, soos Ruben en Simeon is hulle vir my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom sal jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek na jou in Egipte gekom het, my eie wees. Efraim en Manasse sal soos Ruben en Simeon vir my wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy het twee seuns wat in Egipte gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het. Hulle is Efraim en Manasse. Hulle is vir my soos my eie twee seuns, Ruben en Simeon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie twee seuns van jou, Efraim en Manasse, wat in Egipte gebore is lank voordat ek hier aangekom het, sal soos my eie kinders wees. Net soos Ruben en Simeon my eie kinders is, sal jou twee seuns ook myne wees. |