Genesis 48:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En het vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder, en Ek sal van jou 'n menigte volke maak; en sal hierdie land aan jou nageslag ná jou gee as 'n ewige besitting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag tot baie nasies maak. Hierdie land Kanaän gee Ek vir jou en jou nageslag as eiendom vir altyd.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag njou hierdie land as ewige besitting gee. |
| Afrikaans 1983 | en vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir my gesê, ‘Kyk, Ek gaan jou vrugbaar maak en jou talryk laat word; Ek sal jou 'n skare volke maak. Ek sal hierdie land vir jou nageslag ná jou gee as erfgrond vir altyd.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak, en jy sal baie kinders hê. Jou nageslag sal baie volke wees en Ek sal hierdie land vir hulle gee. Dit sal altyd hulle land wees.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het beloof dat ek ’n groot nageslag sal hê en dat hulle uit verskillende volke sal bestaan. Verder het Hy gesê dat my nageslag nog eendag in die land Kanaän sal woon en dat hulle die land vir altyd sal besit. |