Genesis 48:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het Ek aan jou een deel gegee bo jou broers, wat Ek met my swaard en met my boog uit die hand van die Amoriet geneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir jou laat ek iets meer na as vir jou broers, naamlik die stuk grond van Sigem wat ek met my eie swaard en pyl en boog van die Amoriete verower het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En,k gee jou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het. |
| Afrikaans 1983 | Aan jou gee ek iets meer as aan jou broers: Sigem, wat ek van die Amoriete afgeneem het met my swaard en met my pyl en boog.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek self gee aan jou bo jou broers, 'n bergrug, wat ek met my swaard en my boog uit die hand van die •Amoriete geneem het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek gee nou vir jou meer as vir jou broers. Ek gee Sigem vir jou. Ek het daardie stad self gevat van die Amoriete met my swaard en my pyl en boog.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gee Sigem vir jou. Dit is die plek wat ek destyds nog met swaard en boog van die Amoriete afgeneem het. Dit sal joune wees en joune alleen.” |