Genesis 48:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Israel vir Josef: Kyk, ek sterf, maar God sal met jou wees en jou terugbring na die land van jou vaders.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Jakob vir Josef: “Ek is op die punt om te sterf, maar God sal met julle wees. Hy sal julle terugbring Kanaän toe, na die land van ons voorouers.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.
Afrikaans 1983 Toe sê Israel vir Josef: “Ek gaan binnekort sterf, maar God sal by julle wees. Hy sal julle terugbring in die land van julle voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel het vir Josef gesê: “Kyk, ek gaan sterf, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terugbring na die land van julle voorouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het vir Josef gesê: “Ek sal nou sterf, maar God sal by julle wees en Hy sal julle terugbring na die land van julle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het toe na Josef toe gedraai en gesê: “Soos jy sien, is ek besig om te sterf. Moenie bang wees nie, want die Here is met jou. Eendag sal Hy jou na die land van jou eie mense terugneem.