Genesis 48:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hulle daardie dag geseën en gesê: In jou sal Israel seën deur te sê: God maak jou soos Efraim en soos Manasse; en hy het Efraim voor Manasse gestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het toe dié dag die seuns geseën met die woorde: “Die Israeliete sal julle name gebruik om mekaar seën toe te wens. Hulle sal sê: ‘Mag God jou so voorspoedig maak soos vir Efraim en vir Manasse.’” So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hy hulle dan die dag geseënen gesê: Met jou sal Israel 'n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag het Jakob die twee seuns geseën: “Die Israeliete sal mekaar seën met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.” So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie dag het hy hulle geseën met die woorde: “Met jou as voorbeeld sal Israel 'n seën uitspreek, ‘Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.’ ” So het hy Efraim bo Manasse gestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het Josef se twee seuns daardie dag geseën en gesê: “Dit sal baie goed gaan met julle. Wanneer die mense van Israel vir mekaar wil sê hulle hoop dit sal goed gaan, dan sal hulle julle name gebruik en sê: ‘Ek bid dat God dit met jou so goed sal laat gaan soos met Efraim en Manasse.’ ” So het Jakob vir Efraim belangriker gemaak as vir Manasse. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met hierdie woorde het Jakob sy kleinseuns geseën. “Omdat dit met julle twee goed sal gaan,” het hy verder gesê, “sal dit ook met die hele Israel goed gaan. As mense mekaar groet, sal hulle sê: ‘Ek hoop dit gaan met jou so goed soos met Efraim en Manasse.’” Jakob het Efraim belangriker geag as Manasse. |