Genesis 48:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy vader het geweier en gesê: Ek weet dit, my seun, ek weet dit: hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot wees; maar waarlik, sy jonger broer sal groter wees as hy, en sy nageslag sal 'n menigte nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar sy pa het geweier. “Ek weet, my seun, ek weet,” sê hy. “Manasse sal ook ’n groot nasie word, maar sy jonger broer sal selfs magtiger wees as hy. Sy nageslag sal ’n magtige nasie word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal 'n menigte van nasies word. |
| Afrikaans 1983 | Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. Ook hý sal 'n volk word, ook hý sal baie word, maar sy jonger broer sal sterker word as hy, en die jonger broer se nageslag sal 'n magtige nasie word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy vader het geweier en gesê: “Ek weet, my seun, ek weet. Ook hy sal 'n volk word; ook hy sal groot wees. Maar sy jonger broer sal groter wees as hy. Sy nageslag sal 'n groot groep nasies word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar sy pa het geweier, hy het gesê: “Ek weet, my seun. Manasse sal ook 'n groot nageslag hê en hulle sal 'n groot volk word. Maar sy jonger broer sal 'n groter nageslag as hy hê. Efraim se nageslag sal 'n groot, sterk volk word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Halfkwaad het Jakob gesê: “Ek weet, my seun, ek weet wat ek doen. Manasse se kinders sal inderdaad ’n groot nasie word, maar Efraim, sy jonger broer, sal die grootste wees en sy nageslag die belangrikste, ’n groot nasie.” |