Genesis 48:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josef vir sy vader: Nie so nie, my vader, want dit is die eersgeborene; sit U regterhand op sy hoof.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nie so nie, Pa,” sê Josef. “Hy is die oudste. Sit u regterhand op sý kop.”
Afrikaans 1933/1953 En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
Afrikaans 1983 Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, Pa! Manasse is die oudste, sit Pa se regterhand op sy kop.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef sê toe vir sy vader: “Nie so nie, pa, want hierdie een is die eersgeborene. Plaas pa se regterhand op sy kop.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het vir sy pa gesê: “Nee, Pa. Manasse is die oudste, sit jou regter-hand op sý kop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, Pa, nie so nie. Manasse is mos die oudste. Sit nou Pa se hand op sy kop.”