Genesis 48:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die kop van Efraim lê, was dit verkeerd in hom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Josef het gesien dat sy pa sy regterhand op Efraim se kop gesit het en gedink dit is ’n fout. Daarom tel hy Jakob se hand op om dit op Manasse se kop te sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring. |
| Afrikaans 1983 | Toe Josef sien sy pa sit sy regterhand op Efraim se kop, het Josef gedink dis nie reg nie en toe tel hy Jakob se hand van Efraim se kop af op om die hand op Manasse se kop te sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het egter gesien dat sy vader sy regterhand op Efraim se kop sit, en dit was verkeerd in sy oë. Hy vat toe sy vader se hand om dit van Efraim se kop weg te skuif na Manasse se kop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Josef sien dat sy pa sy regter-hand op Efraim se kop sit, het hy gedink dit is verkeerd. Hy neem toe sy pa se regter-hand en probeer om dit op Manasse se kop te sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef was omgekrap toe hy sien sy pa het sy regterhand op Efraim se kop gesit. Hy het sy pa se hand gevat, dit op Manasse se kop gesit en toe gesê: |