Genesis 48:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Engel wat my van alle onheil verlos het, seën die seuns; en laat my Naam op hulle genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak; en laat hulle groei tot 'n menigte in die middel van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 en die Engel wat my uit alle gevaar gered het, mag Hy hierdie twee seuns seën. Mag Hy sorg dat my naam en die name van my oupa Abraham en my pa, Isak, in hulle voortleef. En mag hulle ’n groot nasie word.”
Afrikaans 1933/1953 die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het -- mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
Afrikaans 1983 die Engel wat my uit elke moontlike gevaar gered het, mag Hy die seuns seën. Dan sal my naam voortleef in hulle, en ook dié van my voorvaders Abraham en Isak. Mag die seuns vermeerder en baie word in daardie land.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die •Engel wat my losgekoop het uit alle onheil – mag Hy dié jong manne seën! Mag my naam deur hulle genoem word en die naam van my voorvaders Abraham en Isak. Mag hulle talryk word in die land.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was die Engel wat my verlos het uit al die gevaar waarin ek was. Hy is die God wat die seuns sal seën, sodat my naam, en ook die naam van my voorvaders Abraham en Isak, sal aanhou lewe. God sal hulle seën sodat hulle 'n groot volk sal word in hierdie land.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mag die God wat my altyd uit alle gevare gered het, by julle wees. Mag my naam en die geloof van Abraham en Isak in hierdie twee seuns voortleef. Mag hulle baie kinders en ’n groot nageslag hê.”