Genesis 48:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Josef geseën en gesê: God, voor wie my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my my hele lewe lank gevoed het tot vandag toe! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe seën hy vir Josef en sê: “Mag God, die God voor wie my oupa Abraham en my pa, Isak, geleef het, die God wat my versorg het my lewe lank tot vandag toe, |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het Josef geseënen gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Josef geseën en gesê: “Mag die God naby wie my voorvaders Abraham en Isak geleef het, die God wat vir my van my geboorte af tot nou toe gesorg het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het Josef geseën en gesê: “Die God voor wie my voorvaders, Abraham en Isak, geleef het, die God wat my as herder versorg het, my lewe lank, tot vandag toe, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het Josef se nageslag geseën en gesê: “My oupa Abraham en my pa Isak het God gedien en hulle was gehoorsaam aan Hom. God was ook my Herder my hele lewe lank, tot vandag toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het Josef toe geseën: “Mag die God vir wie Abraham en Isak baie lief was, naby aan hierdie twee seuns wees. En mag die God wat altyd by my was en my in alles gehelp het, julle gelukkig maak. |