Genesis 48:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Israel vir Josef: Ek het nie gedink om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob sê toe vir Josef: “Ek het nie gedink ek sou jou ooit weer sien nie, maar nou het God selfs toegelaat dat ek jou kinders ook kan sien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Israel vir Josef: “Ek het nooit daaraan gedink dat ek jou weer sal sien nie, en hier laat God my nou ook nog jou kinders sien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Israel sê toe vir Josef: “Ek het nie eers gebid om jou gesig weer te sien nie, en kyk, God het my selfs jou nakomelinge laat sien!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob sê toe vir Josef: “Ek het gedink dat ek jou nie weer sal sien nie. Maar God was baie goed vir my, en ek het ook jou nageslag gesien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het vir Josef gesê: “Ai, Josef, ek het nooit gedink dat ek jou ooit weer sou sien nie, en nou sien ek ook jou twee seuns.” |