Genesis 48:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oë van Israel was dof van ouderdom, sodat hy nie kon sien nie. En hy het hulle na hom gebring; en hy het hulle gesoen en hulle omhels.
Afrikaans (NLV) 2011 Weens sy ouderdom kon Jakob nie meer so goed sien nie. Josef bring toe die twee nader. Jakob het hulle gesoen en omhels.
Afrikaans 1933/1953 Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels.
Afrikaans 1983 In sy hoë ouderdom was Israel se oë al sleg en hy kon nie goed sien nie. Josef het sy seuns tot teen Israel gebring, en hy het hulle gesoen en teen hom vasgedruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel se oë was dof van die ouderdom; hy kon nie meer sien nie. Toe hy hulle na hom bring, het Israel hulle gesoen en hulle omhels.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob se oë was al baie swak omdat hy so oud was. Hy kon nie goed sien nie. Josef het sy seuns nader gebring na Jakob toe, en Jakob het hulle gesoen en sy arms om hulle gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As gevolg van sy hoë ouderdom was Jakob se oë baie swak en kon hy skaars sien. Josef het toe die seuns nader gebring en Jakob het hulle omhels en gesoen.