Genesis 47:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jakob vir Farao: Die dae van die jare van my pelgrimstog is honderd-en-dertig jaar; vaders in die dae van hulle pelgrimstog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek lewe al 130 jaar as ’n vreemdeling,” antwoord Jakob. “In vergelyking met my voorouers is my jare min, maar egter vol swaarkry.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar 'n vreemdeling hier op aarde. In vergelyking met dié van my voorvaders is dit maar min, en my lewensjare was vol swaarkry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het die farao geantwoord: “My vreemdelingskap was honderd-en-dertig jaar lank. Min en vol teenspoed was my lewensjare – nie naastenby die lewensjare van my voorvaders in die tyd van hulle vreemdelingskap nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het vir die farao gesê: “Ek is 130 jaar oud. Die Here het gesê dit is hoeveel jaar ek hier op die aarde mag woon. My voorvaders het ouer geword, maar ek het baie swaar gekry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek is al 130 jaar oud, U Majesteit,” het Jakob geantwoord. “Dit is eintlik nie oud nie. In vergelyking met my voorvaders is my jare maar min. My lewe was egter hard en vol swaarkry.” |