Genesis 47:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het hulle vir Farao gesê: Want ons het gekom om as vreemdeling in die land te vertoef; want U dienaars het geen weiveld vir hulle kleinvee nie; want die hongersnood is swaar in die land Kanaän. Laat U dienaars dan nou in die land Gosen woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het gekom om as vreemdelinge hier in Egipte te woon, want daar is in Kanaän geen weiding meer vir ons vee nie. Die hongersnood is daar baie swaar. Ons vra u toestemming om in die Gosenstreek te woon.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon. |
| Afrikaans 1983 | Verder het hulle vir die farao gesê: “Ons wil graag as vreemdelinge hier kom woon, want ons het nie meer weiding vir ons vee nie. Daar is 'n groot droogte in Kanaän. Laat ons toe om in Gosen te kom woon.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe vir die farao: “Ons het gekom om net as •vreemdelinge in die land te woon, want daar is nie weiding vir die kleinvee wat aan u dienaars behoort nie; ja, die hongersnood is erg in die land Kanaän. Laat u dienaars asseblief dan nou in die Gosenstreek bly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook vir die farao gesê: “Mag ons vreemdelinge word in jou land? Want in Kanaän is daar nie meer gras vir ons skape en bokke nie. Daar is baie min kos. Mag ons asseblief in Gosen woon?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het Egipte toe gekom om hier ’n weiplek vir ons vee te soek. Die hongersnood in Kanaän is so erg dat daar geen kos vir mens of dier meer is nie. Eintlik is ons vreemdelinge hier, maar ons wil U Majesteit tog vra of ons nie in Gosen kan aanbly nie.” |