Genesis 47:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Sweer vir my. En hy het vir hom gesweer. En Israel het hom op die kop van die bed gebuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee, lê ’n eed af dat jy dit sal doen,” dring Jakob daarop aan. Josef het hom toe met ’n eed beloof. Daarop het Jakob in aanbidding by die koppenent van die bed gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed. |
| Afrikaans 1983 | En Jakob het vir hom gesê: “Bevestig jou belofte met 'n eed.” Toe lê Josef vir hom 'n eed af, en Israel het daar op sy bed gebuig voor God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê hy: “Lê vir my 'n eed af!” Hy het toe vir hom 'n eed afgelê. Israel het daarna in aanbidding gebuig by die koppenent van die bed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jakob: “Belowe dit.” Josef het vir Jakob belowe dat hy dit sal doen. Toe het Jakob op sy bed gekniel en hy het vir God dankie gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee, jy moet my jou erewoord gee,” het Jakob aangedring. Josef het sy pa weer beloof dat hy hom in Kanaän sal begrawe. Jakob het langs sy bed gebuig en die Here gedank. |