Genesis 47:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek sal gemeenskap met my vaders hê, en jy sal my uit Egipte weglei en my in hulle graf begrawe. En hy sê: Ek sal doen soos jy gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ek sterf, neem my liggaam uit Egipte weg en begrawe my by my voorouers.” Josef belowe toe dat hy dit sou doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer ek sterf, moet jy my uit Egipte wegvat en in die graf van my voorvaders gaan begrawe.” Toe antwoord Josef: “Ek sal doen wat Pa vra.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer ek by my voorvaders gaan rus, moet jy my uit Egipte neem en my in hulle graf gaan begrawe.” Hy het geantwoord: “Ek sal maak soos pa sê.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek sterf, dan moet jy my liggaam uit Egipte neem en jy moet dit gaan begrawe by my voorvaders in ons familiegraf.” Josef het gesê: “Ek sal doen wat Pa gevra het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek dood is, moet jy my liggaam uit Egipte wegneem en my in Kanaän by my eie mense gaan begrawe. Ek vra jou mooi, Josef, doen dit vir my.” Josef het geantwoord: “Dit is goed so. Ek sal doen wat Pa vra.” |