Genesis 47:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Farao vir sy broers: Wat is julle werk? En hulle sê vir Farao: U dienaars is herders, ons sowel as ons vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao vra vir hulle: “Wat is julle beroep?” Hulle antwoord hom: “Ons is veeboere soos ons voorouers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders. |
| Afrikaans 1983 | en hy het hulle gevra: “Wat is julle nering?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is kleinveeboere, ons en ons voorvaders.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao het vir sy broers gevra: “Wat is julle daaglikse werk?” Hulle het die farao geantwoord: “U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons voorvaders.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao het vir hulle gevra: “Watter soort werk doen julle?” Hulle het geantwoord: “Ons is veeboere, ons en ons voorvaders voor ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het vir hulle gevra: “Wat is julle beroep?” Hulle het gesê: “Ons boer met kleinvee, U Majesteit. Net soos ons voorouers al jare lank doen. |