Genesis 47:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tyd het nader gekom dat Israel moes sterwe; en hy het sy seun Josef geroep en vir hom gesê: As ek nou genade in U oë gevind het, lê tog U hand onder my heup en handel vriendelik en getrou aan ek; begrawe my tog nie in Egipte nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sy einde begin naderkom, laat roep hy vir Josef en sê vir hom: “Bewys my ’n laaste guns. Belowe my met ’n eed dat jy goed sal wees vir my en my nie in Egipte sal begrawe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou -- begrawe my tog nie in Egipte nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sy einde nader kom, het hy sy seun Josef geroep en vir hom gesê: “Bewys my nog 'n laaste guns. Sit jou hand onder my heup en beloof dat jy my met liefde en eerbied sal behandel en my nie in Egipte sal begrawe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die tyd vir Israel nader kom om te sterf, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: “As ek guns vind in jou oë, plaas dan asseblief jou hand onder my heup. Bewys liefde en trou aan my: Moet my asseblief nie in Egipte begrawe nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het hy gevoel sy dood kom nader. Jakob het sy seun Josef geroep en vir hom gesê: “Sal jy my asseblief help en iets vir my doen. As jy lief is vir my, sit dan jou hand onder my heup en belowe dat jy sal doen wat ek vra. Jy moet my asseblief nie in Egipte begrawe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jakob naby sy einde was, het hy Josef laat roep. “Josef,” het hy gesê, “as jy my werklik gelukkig wil maak, moet jy my iets beloof. Kom, sit jou hand hier op my heup en gee my jou woord dat jy my nie in Egipte sal begrawe nie. As jy dit beloof, sal dit vir my ’n teken van jou liefde vir my wees. |