Genesis 47:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gesê: U het ons lewe gered; laat ons genade vind in die oë van my heer, en ons sal Farao se dienaars wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “U het ons lewens gered!” sê hulle. “Laat dit wees soos u goeddink. Ons sal Farao se slawe wees.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.
Afrikaans 1983 Hulle het vir Josef gesê: “U het ons lewe gered. Meneer is ons goedgesind. Ons sal die farao se slawe wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe: “U het ons aan die lewe gehou. As ons guns vind in die oë van my heer, sal ons die farao se slawe word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê toe vir Josef: “Jy het ons lewe gered. Jy was goed vir ons, en ons sal die farao se slawe wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het geantwoord: “Meneer, u was baie goed vir ons en u het ons lewe gered. Ons sal graag vir die koning wil werk.”