Genesis 47:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die vermeerdering moet julle die vyfde deel aan Farao gee, en vier dele sal aan julle behoort as saad van die veld en vir julle voedsel en vir hulle van julle huisgesinne en as voedsel vir jou kleintjies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle dan oes, sal een vyfde daarvan aan Farao behoort. Julle kan vier vyfdes vir julleself hou en dit gebruik vir saad vir volgende jaar en as kos vir julle, julle huismense en julle kinders.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En by die insameling moet julle 'n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders. |
| Afrikaans 1983 | moet julle 'n vyfde van die opbrengs vir die farao afgee en vier vyfdes is julle s'n. Gebruik dit as saad vir die lande en as kos vir julle en vir wie in julle huise is en vir julle kinders.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wanneer daar oeste is, moet julle 'n vyfde aan die farao afstaan. Die vier dele sal aan julle behoort as saad vir die saailand, en as julle kos, en ook vir dié wat in julle huise is, as kos vir julle afhanklikes.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer julle die koring afsny, dan moet julle een vyfde daarvan vir die farao gee. Vier vyfdes van die koring-oes mag julle hou. Dit is julle saad om te saai sodat julle kos kan hê om te eet, julle en julle kinders en al die mense in julle huise.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die oestyd kom, moet julle ’n vyfde daarvan vir die koning gee. Die res is julle s’n. Julle kan dit as saad gebruik of vir julle gesinne en veral vir die kinders kos maak daarvan.” |